# Die Vryheidsfront Plus doen ʼn beroep op die Stad Tshwane om rekenskap te gee van die verskil tussen die ware koste van water en die koste om dit met gehuurde watertenkwaens aan gemeenskappe te lewer. Die metro betaal een-sent per liter vir water, maar dit kos tien-sent per liter om dit met tenkwaens af te lewer. Peter Meijer van die VF Plus sê dit kom neer op meer as 530-miljoen-rand per boekjaar, wat onvolhoubaar is. Hy sê alle watertenkwa-kontrakte sedert 2021 moet ondersoek word:
VF Plus eis ondersoek na alle Tshwane-watertenkwa-kontrakte sedert 2021 [KLANK]
AFR PeteronWaterTankers