# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê die wanbestuur van verskeie onvoltooide mega-behuisingsprojekte moet ophou. Een voorbeeld is die Tembisa Uitbreiding 25-projek waar 371-miljoen-rand bestee is, maar die perseel staan leeg. Die Daggafontein-behuisingsprojek het in 2016 begin met planne om sowat 17-duisend huise te verskaf. Teen Mei 2023 is slegs die mees basiese strukture voltooi. Die VF Plus sê inwoners verdien deursigtigheid en aanspreeklikheid vir die projekte.
VF Plus eis aanspreeklikheid vir wanbestuur van behuisingsprojekte in Ekurhuleni