Skip to content

VF Plus doen beroep op die regering om standpunt in te neem oor die Khoi en San se regte op erkenning

# Die Vryheidsfront Plus sê dit is ‘n growwe skending van die Grondwet se beginsel van gelykheid dat Nguni-leiers volle wetlike status geniet, terwyl Khoi-San-leiers steeds onderdruk word. Die Konstitusionele Hof het die ongeldigheidsverklaring van die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap vir twee jaar tot Mei 2027 opgeskort. Die VF Plus sê gedurende hierdie tyd is nasionale, provinsiale en plaaslike regerings vry om wetgewing te aanvaar sonder om die regte van Khoi- en San-gemeenskappe te waarborg. Dit sê die regering het ‘n geskiedkundige geleentheid om dié onreg reg te stel.