# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die ANC en sy koalisievennote is te blameer vir Johannesburg se toenemende waterkrisis. Dele van die metro sukkel steeds met watervoorsiening en reservoirs wat faal, met die Alexandra-reservoir as een wat die hardste getref is. Franco de Lange van die VF Plus sê swak beplanning, agterstallige instandhouding en finansiële wanbestuur laat huishoudings en ondernemings weke lank sonder water. Hy sê die metro moet dringend ‘n oudit van sy infrastruktuur moet doen, instandhouding moet prioritiseer en waterstelsels moet opgradeer.
VF Plus blameer die ANC vir Johannesburg se waterkrisis