# Inwoners van die Lesedi plaaslike munisipaliteit in Gauteng staar wateronderbrekings in die gesig nadat Rand Water die munisipaliteit se waterdruk met 20-persent verminder het. Die munisipaliteit skuld die watervoorsiener byna 121-miljoen-rand. Die watervloei het sedert verlede naweek swakker geword. Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die Lesedi-munisipaliteit het die afgelope vyf maande sy volle huidige rekening aan Rand Water betaal, maar kon nie sy geskiedkundige skuld delg nie.
VF Plus bekommerd omdat Rand Water die Lesedi-munisipaliteit se water met 20% verminder