Skip to content

Vervoerkomitee ondersteun Kabinet se besluit om geldigheidstydperk van rybewyse te verleng

# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Vervoer ondersteun die die Kabinet se besluit om die geldigheidstydperk van rybewyse van vyf jaar na tien jaar te verleng vir voertuie in sekere kategorieë. Die voorsitter, Donald Selamolela, sê enige verbeterings aan die stelsels word altyd verwelkom, aangesien dit die regering in staat sal stel om op die hoërisikogebiede van die stelsel te fokus. Hy sê hy hoop die regering sal nie verliese sal ly as gevolg van hierdie verlenging nie, en dat administratiewe funksies aansienlik sal verbeter.