# Die akteur van The Oval, Derek Dixon, het die Amerikaanse rolprentvervaardiger en dramaturg Tyler Perry vir 4.6-miljard-rand gedagvaar oor beweerde seksuele teistering, aanranding en vergelding. Dixon, wat op Perry se program verskyn het, beweer hy het sy invloed uitgebuit en hom gedwing om ‘n seksuele verhouding te hê. Die regsgeding van 46-bladsye bevat herhaalde voorvalle vanaf 2019 tot ’21. Perry se regspan beskryf die bewerings as vals en ‘n poging tot afpersing. Dixon eis ‘n verhoor met ‘n jurie in Los Angeles se Hoërhof.
Amerikaanse rolprentvervaardiger Tyler Perry vir R4,6-miljard gedagvaar oor beweerde seksuele teistering