# Daar is groot gapings in die Suid-Afrikaanse staatsdiens se produktiwiteit as dit met lande soos Kanada, Singapoer en Rwanda vergelyk word. Dis volgens ʼn verslag met die titel “Productivity as a Frontier in the South African Public Service”. Die verslag lig positiewe en negatiewe elemente in die land se staatsdienswetgewing uit en beklemtoon die behoefte aan omvattende en samehangende beleidshervorming. Die minister van Staatsdiens en Administrasie, Mzamo Buthelezi, sê hierdie verslag is ʼn oproep om produktiwiteit in die staatsdiens te verbeter.
Verslag toon produktiwiteit in Suid-Afrikaanse staatsdiens moet verbeter