Skip to content

Verskeie paaie in Kaapstad deur oorstromings geraak

# Die Stad Kaapstad sê verskeie paaie word plek-plek deur oorstromings geraak as gevolg van aanhoudende stortreën sedert gisteraand. Dit sluit in die regterbaan van die N1 wat voor die Koeberg-wisselaar, rigting Kaapstad, gesluit is. Die metro sê Baden Powell-rylaan by Monwabisi, die baan in die rigting van die N2, sowel as Govan Mbeki, is oorstroom. Motoriste word versoek om ekstra reistyd toe te laat of waar moontlik alternatiewe roetes te gebruik totdat die watervlakke gesak het.