# Verskeie mense is dood in ‘n botsing tussen ‘n trein en ‘n skoolvervoer-minibus in Buggenhout, België. Die Vlaamse openbare uitsaaier VRT berig die minibus, met sewe kinders, ‘n toesighouer en die bestuurder was op ‘n spooroorgang in die dorp toe die ongeluk plaasgevind het. Federale polisiewoordvoerder An Berger sê die botsing was kort na 6-uur die oggend, toe die oorgang se versperrings gesak was. Niemand op die trein is beseer nie.
Verskeie mense sterf in botsing tussen trein en bus in België