Skip to content

Vermoorde tiener, Likhona Fose, ter ruste gelê in Oos-Kaap

# Die 14-jarige Likhona Fose, wie se liggaam verlede week gevind is, is vandag in Nkonkobe Village in Alice, Oos-Kaap, begrawe. Likhona, oorspronklik van Sol Plaatjie in Durban Deep, Johannesburg, is vermis nadat sy by vriende gaan speel het. Haar verminkte liggaam is deur gemeenskapslede in ‘n veld gevind. ‘n Verdagte, Mduduzi Mnisi, is in hegtenis geneem en het verlede week Woensdag in die Roodepoort-landdroshof in verband met haar moord verskyn.