# ‘n Voormalige polisiebeampte en die vermeende meesterbrein agter ‘n renosterstropery-sindikaat, Joseph Nyalungu, is in Mpumalanga doodgeskiet. Nyalungu is volgens berigte by sy onderneming naby Mkhuhlu-kruispad aangeval skaars ‘n week nadat hy ‘n vorige skietery op dieselfde plek oorleef het. Die omstrede vermeende onderwêreldfiguur het in en om die Krugerwildtuin gewerk. Daar was verskeie aanklagte teen hom oor renosterstropery, georganiseerde misdaad en plofstof. Die polisie het nog nie arrestasies bevestig nie, en die ondersoek na die moord duur voort.
Vermeende baas van renosterstropery-sindikaat, Joseph Nyalungu, in Mpumalanga doodgeskiet