Skip to content

Verklikkerswetsontwerp sal beskerming teen korrupsie versterk [KLANK]

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die Wetsontwerp op Beskermde Openbaarmaking, bekend as die Verklikkerswetsontwerp, sal beskerming versterk vir mense wat korrupsie blootlê. Sy het tydens die vrystelling van die konsep-wetsontwerp gesê bevindings van die Zondo-kommissie het leemtes in huidige wette uitgelig wat verkikkers kwesbaar laat en lei tot ontslag, intimidasie en selfs sterftes. Kubayi beklemtoon die wetsontwerp will verslagdoeningstelsels verbeter en openbaarmakings ondersteun:

ENG-KubayiOnWhistleblowerBill