# Die Gautengse Verkeersdepartement vra leerder- en openbare vervoeroperateurs om te verseker hul voertuie is padwaardig nadat skole vandag heropen het vir die derde kwartaal. Woordvoerder Sello Maremane sê handhawingsoperasies sal fokus op die toestand van voertuie, geldige bedryfslisensies, bestuurspermitte, oorvol voertuie, spoed en roekelose bestuur. Hy versoek ouers om slegs geregistreerde leerdervervoerdienste te gebruik en oorvol of onveilige voertuie te vermy:
Verkeersdepartement verskerp inspeksies van leerdervervoer [KLANK]
ENG MaremaneOnTransport