# Die verhoor van die varkboer Zachariah Olivier van Limpopo en sy twee medebeskuldigde plaaswerkers, Rudolf De Wet en William Musora, begin vandag in die Hooggeregshof in Polokwane. Die drie word daarvan beskuldig dat hulle Maria Makgato en Lucia Ndlovu doodgeskiet en hul liggame aan varke op ‘n plaas buite Polokwane gevoer het. Die ontbinde oorskot van die twee werkers is in Augustus verlede jaar in ‘n varkhok gevind. Die drie staan tereg op aanklagte van moord, besit van vuurwapens en ammunisie, asook regsverydeling.
Verhoor van drie wat glo twee vroue vir varke gevoer het begin in Limpopo