# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die vertragings in die hernuwing van rybewyse is onaanvaarbaar. Suid-Afrika se enigste lisensiekaartdrukker is sedert Februarie buite werking en die vakbond doen ‘n beroep op die Departement van Vervoer om dringend die verouderde masjien, wat al meer as 20 jaar in gebruik is, te herstel of te vervang. Claude Naiker van die vakbond waarsku dat onreëlmatige verkrygingsprosesse en hofgedinge die krisis vererger, en stel voor dat die geldigheid van rybewyse tot tien jaar verleng word om die druk te verlig.
Vereniging van Staatsamptenare veroordeel Departement vir gebreekte 20-jaar-oue lisensiemasjien