# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging se voortslepende vertraging om die registrasie van verpleegkundiges wat einde 2024 gekwalifiseer het, af te handel. Die land beleef ʼn ernstige tekort aan verpleegkundiges en na raming is sowat 26-duisend bykomende verpleegkundiges nodig. Die raad sê die vertragings is dikwels die gevolg van laat voorleggings of aansoeke deur provinsiale departemente en opleidingsinstellings. Die vereniging sê registrasieprosesse moet vereenvoudig word, en proaktiewe maatreëls moet ingestel word om verpleegkundiges te werf en te behou.
Vereniging van Staatsamptenare bekommerd oor vertraging met verpleegkundiges se registrasie