Skip to content

Verdagte vas in verband met dodelike Wesbank-massaskietery [KLANK]

# Die Wes-Kaapse polisie het ʼn 27-jarige man aangekeer in verband met Sondag se massaskietvoorval in Wesbank, Malmesbury. Volgens voorlopige aanduidings het ʼn groep mense Sondag in die vroeë oggendure buite ʼn woning gestaan toe onbekende verdagtes op hulle losgebrand het. ʼn Twee-en-twintigjarige man en 21-jarige vrou is dood, en ʼn kleuter en sewe volwassenes is beseer. Die polisiewoordvoerder, Andrè Traut, sê die verdagte sal vandag in die Malmesbury-landdroshof verskyn:

ENG TrautONMassShooting