# Die Oos-Kaapse polisie het ‘n 54-jarige man in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ‘n student op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu-universiteit. Die verdagte, vermoedelik ‘n koshuisvader, het homself gister aan die owerheid oorgegee. Hy word aangekla van moord en poging tot moord nadat ‘n 24-jarige derdejaarstudent, Sisonke Mbolekwa, doodgeskiet is tydens ‘n betoging oor koshuistoestande. Die voorval het tot heftige reaksie en oproepe vir geregtigheid gelei. Die verdagte sal Dinsdag in die hof verskyn.
Verdagte in hegtenis ná skietery by Walter Sisulu-universiteit