# Een persoon is dood en nog een gewond in ‘n skietvoorval Sondag op die perseel van die Pretoria High School Old Boys-klub in Lynnwood, Pretoria. Die voorval het plaasgevind toe vier mans probeer het om ‘n motor te steel. Die polisie sê toe hulle op die toneel aankom, was twee mense geskiet en ‘n derde is deur omstanders in hegtenis geneem terwyl hulle na bewering besig was om twee luukse voertuie te steel. Een van die verdagtes is op die toneel dood en die ander een is in ‘n bedenklike toestand na ‘n hospitaal geneem. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê ‘n vierde verdagte het te voet gevlug.
Verdagte doodgeskiet tydens motordiefstal by Pretoria High School Old Boys-klub