Skip to content

Venezuela se tussentydse president verdedig reaksie op dodelike aardbewings

# Venezuela se tussentydse president, Delcy Rodríguez, het weereens haar regering se reaksie op verlede maand se twee dodelike aardbewings verdedig. Sy beskuldig kritici dat hulle haat teen die regering aanhits. Talle Venezolane beskuldig die regering van chroniese wanbestuur en korrupsie, en ʼn ontoereikende reaksie op die ramp. Drie-duisend-342 mense is dood nadat twee aardbewings van 7,2 en 7,5 die land getref het. Sestien-duisend-470 mense is beseer en 17-duisend-345 dakloos gelaat. Rodríguez het beloof die land sal nie in maatskaplike oproer verval nie.