# Die Staatsveiligheidsagentskap vra ‘n verbod op alle media-en openbare toegang tydens die verhoor van die voormalige intelligensie-amptenare Thulani Dlomo en Patrick Mshothola in die Hooggeregshof in Pretoria. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie en die beweerde misbruik van intelligensiefondse. Die agentskap voer aan verrigtinge kan sensitiewe veiligheids-inligting blootlê. Voorstanders van mediavryheid betwis egter die algehele uitsluiting en sê enige beperking behoort slegs op werklik sensitiewe getuienis van toepassing te wees. Die hof sal bepaal hoeveel inligting openbaar gedeel mag word.
Veiligheidsagentskap vra algehele mediaverbod in verhoor van voormalige intelligensiebeamptes