Skip to content

Vandag is die tweede herdenking van dodelike Hamas-geleide aanval in Israel

# Vandag is die tweede herdenking van die dodelike Hamas-geleide aanval op die suide van Israel op 7 Oktober 2023. Een-duisend-200 mense is in die aanval dood, en nog 251 is gyselaar geneem. Die Israelse weermag het in reaksie ‘n inval in Gaza in van stapel gestuur. Sedertdien is 67-duisend-160 Palestyne dood en ongeveer 170-duisend in militêre operasies gewond. Die herdenking kom terwyl Israel en Hamas onregstreekse gesprekke in Egipte begin het oor ‘n Amerikaanse wapenstilstandvoorstel. Die militante groep het gesê hulle stem gedeeltelik saam met die vredesplanvoorstelle.