Skip to content

Valke waarsku by Madlanga-kommissie dat vraag-en-aanbod-dwelmhandel in Gauteng floreer [KLANK]

Die bevelvoerder van die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-eenheid vir die Wes-Rand, Francois Steyn, het aan die Madlanga-kommissie onthul die dwelmkrisis in Gauteng word steeds deur vraag en aanbod gedryf. Die kommissie ondersoek hoe gekonfiskeerde dwelms hanteer en na bewering gesteel is terwyl dit onder die sorg van wetstoepassing was. Hy sê ten spyte daarvan dat die polisie dwelms gekonfiskeer het, het pryse op straat onveranderd gebly. Hy sê dit beklemtoon die omvang van onwettige dwelmbedrywighede wat tot diefstal en geweldsmisdaad lei:

ENG-SteynOnDrugs