Skip to content

Valke deursoek Hooggeregshof in Pretoria oor vals kennisgewings vir buitelandse burgers

# Die Valke het Dinsdag ‘n deursoekings- en beslagleggingsoptrede in die Hooggeregshof in Pretoria uitgevoer in verband met ‘n werknemer wat skynbaar bedrieglike kennisgewings uitgereik het. ‘n Woordvoerder van die Valke in Gauteng, Katlego Mogale, sê die persoon het kennisgewings aan ongedokumenteerde buitelandse burgers uitgereik om te verhoed dat hulle gedeporteer word. Mogale sê die Vallke het beslag gelê op bewysstukke vir verdere ondersoek.