# Die Vereniging van Staatsamptenare het die 50-duisend-rand vergoeding wat aan een van sy lede toegeken is verwelkom, nadat hy onregverdig oor die hoof gesien is vir ‘n skoolhoofpos by ‘n hoërskool in Limpopo. Die Kommissaris van die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys het bevind die provinsiale Onderwysdepartement het onregverdige arbeidspraktyke gevolg toe die lid sonder geldige redes nie op die kortlys geplaas is nie. Phillip Maponya van die vakbond sê dit is ‘n oorwinning vir alle staatsamptenare wat onderwerp word aan arbitrêre en onregverdige behandeling in werwings- en bevorderingsprosesse.
Vakbond-lid ontvang R50 000 vergoeding nadat hy oor die hoof gesien is vir skoolhoofpos