Skip to content

UP versoek vrywilligers om te help met IT-vaardigheidsopleidingsprogramme vir Mamelodi-inwoners

# Die Universiteit van Pretoria doen ‘n beroep op vrywilligers om te help met die uitbreiding van die gratis digitale geletterdheidsinisiatiewe na soveel lede van die Mamelodi-gemeenskap as moontlik. Die vrywilligers sal help met die aanbieding van basiese tot gevorderde rekenaargeletterdheidskursusse oor verskeie sagtewareprogramme en toepassings. Die universiteit sê met digitale vaardighede wat deesdae al hoe belangriker word, is die doel om deelnemers met nuwe vaardighede toe te rus vir beter werkvooruistigte.