Skip to content

Unite for Change gaan nie aan komende munisipale verkiesing deelneem nie

# Unite for Change, ʼn politieke koalisie wat uit Build One South Africa, RISE Mzansi en die GOOD-party bestaan, sê hy het aansienlike vordering gemaak om die partye onder een vlag te verenig, maar het meer tyd nodig. Die partye het dus besluit om vanjaar afsonderlik aan die munisipale verkiesing deel te neem en later saam te werk. Unite for Change sê die partye sal mettertyd ʼn tussentydse samewerkingsmodel instel wat seker maak kiesers het toegang tot bekwame en toegewyde verkiesingskandidate.