# Die Verenigde Nasies se Kinderfonds sê kinders verteenwoordig 15-persent van die bevestigde gevalle en meer as 25-persent van die sterftes sedert Ebola in April in die Demokratiese Republiek die Kongo uitgebreek het. Kinders het ‘n byna twee keer groter kans om te sterf as volwassenes. Die DRK het nou meer as eenduisend Ebola-gevalle en 254 bevestigde sterftes. Die hoof van UNICEF, Catherine Russell, sê meer as 130 kinders in Ituri het reeds een of albei ouers verloor. Sy sê kinders is veral kwesbaar omdat hulle van versorgers afhanklik is en anders as volwassenes, nie van ‘n siek ouer kan distansieer nie.
UNICEF sê kinders het twee-keer groter kans as volwassenes om in DRK aan Ebola te sterf