# UNAIDS en die Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-raad stel vandag die bygewerkte Wêreld VIGS-verslag by die Bertha Gxowa-hospitaal in Johannesburg bekend. Die verslag met die titel AIDS, Crisis and the Power to Transform, waarsku dat die vermindering van skenkersbefondsing veral deur die VSA, dekades se vooruitgang bedreig. Die verslag beklemtoon dat byna 40-miljoen mense wêreldwyd met MIV leef, met 4,4-miljoen kinders wat sedert 2000 beskerm word. UNAIDS waarsku teen ses-miljoen nuwe infeksies en vier-miljoen sterftes teen 2029 indien daar nie dringend opgetree word nie.
UNAIDS, Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-Raad stel Wêreld VIGS-verslag bekend