# Die Universiteit van Johannesburg sê bedrywighede het hervat op sy Aucklandpark-kampus ná gister se betogings oor die voorgestelde klasgeldverhogings vir 2027. Video’s op sosiale media toon hoe betogers die eksamen ontwrig en skade aanrig, insluitend die vernietiging van die universiteit se skaalmodel. Die bestuur sê hy voer gesprekke met studenteverteenwoordigers om aandag te skenk aan hul bekommernisse, en intussen gaan die akademiese verrigtinge voort. Die EFF ontken enige betrokkenheid by die betogings en sê diegene met sy kleredrag aan het nie namens die party opgetree nie.
UJ sê akademiese verrigtinge hervat ná betogings op Aucklandpark-kampus