# Die Universiteit van Johannesburg oorweeg regstappe teen Joel Sangweni wat beweer hy is ‘n dosent aan die instelling. Sangweni het op sosiale media daarmee gespog dat hy opsetlik Suid-Afrikaanse studente laat druip, tot voordeel van buitelanders. Die UJ sê Sangweni is nie in diens van die universiteit nie, hoewel hy in 2024 vir ‘n tyd lank daar gewerk het. Die universiteit sê hy is ernstig oor sy akademiese integriteit en oorweeg streng optrede, insluitend regstappe, teen enigiemand wat die instelling se verbintenis tot akademiese integriteit ondermyn.
UJ ontken dat “dosent” Suid-Afrikaanse studente opsetlik laat druip