Skip to content

Uitspraak in Nosiviwe Mapisa-Nqakula se ontslag-aansoek vandag verwag

# Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se Artikel 174-ontslagaansoek. Sy staar 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery in die gesig wat verband hou met haar termyn as minister van Verdediging en Militêre Veterane van 2016 tot 2019. Die staat voer aan dat die Weermagkontrakteur, Nombasa Ntsondwa-Ndlhovu, sowat 4,55-miljoen-rand omkoopgeld aan Mapisa-Nqakula betaal het. Volgens haar regspan het die staat nie genoeg bewyse gelewer om haar skuldig te bevind nie.