Skip to content

Rugby: Uitgebreide Junior Bokke oefengroep aangewys vir onder-20 internasionale reeks

# Rugby: Die hoofafrigter van die Junior Bokke, Kevin Foote het ‘n uitgebreide oefengroep vir die komende onder-20 internasionale reeks teen Chili, Fidji en Georgië aangewys. Die eerste spelers van die groep van 26 sal Maandag by hulle basis by die Stellenbosch Akademie vir Sport aanmeld, terwyl spelers wat onlangs in Gqeberha gespeel het, ‘n ekstra week ruskans kry. Die groep sluit spelers in wat deelgeneem het aan die vorige twee Junior Bok-oefenkampe, die kort toer na Georgië en die onder-20 Rugbykampioenskap wat Suid-Afrika gewen het. Die losvoorspeler Quintin Potgieter is ‘n nuwe toevoeging.