# Die UDM-vroueorganisasie is bekommerd oor Suid-Afrika se gebrekkige paroolstelsel met verwysing na 18-duisend-en-52 paroolgangers wat binne drie jaar weer oortree het, waaronder 493 moorde en 624 verkragtings. Die sekretaris-generaal Thandi Nontenja dring aan op hervorming wat slagofferveiligheid, aanspreeklikheid en oortreder-rehabilitasie eerste stel. Sy verwelkom onlangse besluite deur die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, maar sê paroolrade moet deursigtig optree, slagoffers betrek en seker maak dat slegs werklik gerehabiliteerde oortreders vrygelaat word:
UDM-vroueorganisasie vra vir hervorming van parool, verbeterde slagofferbeskerming [KLANK]
ENG-NontenjaOnParole