# Die United Democratic-studentebeweging sê hy is geskok oor die voortslepende geweld teen kinders in skole deur mense wat veronderstel is om hulle te skerm. Die afgelope maand het berigte van seksuele misbruik, teistering en wangedrag waarby onderwysers betrokke is, by skole in Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat aan die lig gekom. Die beweging se woordvoerder, Lucia Matomane, sê onderwysers wat skuldig bevind word aan seksuele oortredings teen leerders, moet van die rol geskrap en permanent op die Nasionale Kinderbeskermingsregister geplaas word:
UDM-studentebeweging geskok oor voorslepende geweld teen kinders by skole [KLANK]
ENG LuciaonViolation