# Die UDM vra volle aanspreeklikheid in die korrupsieskandaal by die AngloGold Ashanti-hospitaal. Die Spesiale Ondersoekeenheid se Spesiale Tribunaal het beslis die opknappingsprojek ter waarde van 600-miljoen-rand was onregmatig. Die hospitaal was veronderstel om 180 beddens vir Covid-19-kritiese sorg beskikbaar te stel. Andile Jabavu van die UDM dring aan op batebeslagleggings en misdaadklagtes teen sewe afgedankte amptenare. Hy eis ook lewenstyloudits van alle betrokkenes om toekomstige korrupsie te voorkom:
UDM eis aanspreeklikheid in die R600-miljoen AngloGold Ashanti-hospitaal korrupsieskandaal [KLANK]
ENG-JabavuOnHospital