Skip to content

UAT neem Departement van Basiese Onderwys hof toe oor puttoilette

# United Action for Transformation neem die Departement van Basiese Onderwys hof toe oor die versuim om die spertye vir die uitroei van puttoilette in skole te haal. Die woordvoerder, Mighty Mabule, sê die regering se gebrek aan optrede stel kinders se gesondheid en waardigheid in gevaar. Hy sê ondanks herhaalde beloftes duur onveilige sanitasie in baie skole voort. Mabule eis onmiddellike optrede en vra veilige en waardige geriewe.