Skip to content

Tweede kind sterf aan masels terwyl Texas-uitbreking vererger

# ‘n Tweede kind is aan masels dood terwyl ‘n uitbreking van die hoogs-aansteeklike virus in die weste van Texas vererger. Die skoolgaande kind was nie ingeënt nie, het geen onderliggende gesondheidsprobleme gehad nie en was in die hospitaal weens komplikasies met masels. Die suidelike Amerikaanse staat het tot dusver vanjaar meer as 480 maselgevalle aangeteken en bykans almal was mense wat nie ingeënt is nie. Die VSA het in 2000 verklaar masels is uitgeroei. Uitbrekings het egter gegroei met al hoe meer mense wat teen inenting gekant is.