# Twee voortvlugtende verdagtes is gisteraand in Inanda in ʼn skietery met KwaZulu-Natalse polisie dood. Hulle is gesoek in verband met die dood van ʼn polisiebeampte, poging tot moord en ʼn reeks gewapende rooftogte. Die polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting ontvang oor waar die verdagtes hulle bevind wat hulle na ʼn huis in Maplazini, Inanda, gelei het: