Skip to content

Twee verdagtes vasgetrek oor diefstal van kosbare juwele uit die Louvre-museum

# Franse polisie het twee verdagtes gearresteer in verband met die diefstal van kosbare juwele uit die Louvre se Apollo-galery in Parys. Agt stukke ter waarde van sowat 1,2-miljard-rand is verlede Sondag uit die wêreld se gewildste museum gesteel toe vier diewe helderoordag by die gebou ingebreek het. Volgens berigte is albei in hulle dertigs, bekend aan die polisie, met misdaadrekords vir rooftogte. Veiligheidsmaatreëls by Frankryk se kultuurinstellings is sedertdien verskerp.