Skip to content

Twee verdagtes in hegtenis geneem ná klopjag op dwelmlaboratorium in Standerton

# Twee Suid-Afrikaanse mans, onderskeidelik 24 en 39 jaar oud, sal vandag in die Landdroshof in Standerton verskyn ná nog ‘n geheime dwelmlaboratorium in Standerton, Mpumalanga ontdek is. Daar is beslag gelê op toerusting ter waarde van twee-miljoen-rand asook dwelms wat in 35 emmers versteek was ter waarde van 26-miljoen-rand. Dit volg ná die arrestasie van ses Mosambiekse burgers verlede week. Sewe verdagte voertuie is ook gevind. Die ondersoeke duur voort.