Skip to content

Twee sterf toe vragvliegtuig die see tref by Hongkong Internasionale Lughawe

# Minstens twee mense is dood toe ʼn vragvliegtuig by die Hongkong Internasionale Lughawe van die aanloopbaan geloop en in die see beland het. Die Emirates-vlug van Dubai het tydens landing ʼn voertuig getref en twee lede van die lughawe se grondpersoneel het in die see geval. Hulle is gered, maar het later in die hospitaal beswyk. Die vliegtuig se vier bemanningslede het oorleef. Dis slegs die tweede noodlottige voorval by die lughawe. In Augustus 1999 is drie mense dood toe ʼn passasiersvliegtuig van die Chinese Lugredery tydens ʼn tifoon probeer land het.