Skip to content

Twee mense dood in Limpopo-ongeluk

# Die R36-pad naby Morokolotsi in die Mopani-distrik is weer oop vir verkeer nadat dit vroeër weens ‘n ongeluk gesluit is. ‘n Toyota-ligte afleweringsvoertuig het op ‘n sperstreep verbygesteek en reg van voor met ‘n Toyota-minibus gebots. Die Limpopo Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid sê die bestuurder en passasier van die ligte afleweringsvoertuig is in die ongeluk dood. Die bestuurder en ses passasiers van die minibus het matige tot ernstige beserings opgedoen en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.