# Die Gesondheidsministerie van Gaza sê twee hospitale in Gaza-stad is buite aksie weens die verskerping van Israel se grondaanval en skade wat aangerig is deur die aanhoudende bomaanvalle, met tenks wat dieper in die gebied inbeweeg. Die ministerie sê in ‘n verklaring die Al-Rantissi-kinderhospitaal is ‘n paar dae gelede erg beskadig deur ‘n Israelse aanval. Israelse aanvalle naby die Oog-hospitaal, het ook tot die opskorting van dienste gelei.
Twee hospitale in Gaza-stad skort dienste op terwyl die Israelse offensief verskerp