# Twee gewese intelligensie-amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap is in hegtenis geneem in verband met bedrog en geldwassery van sowat 5,8-miljoen-rand se staatsgeld. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Teenkorrupsie-direktoraat sê Ntshavheni Prince Makhathana en Matome Solomon Ralebipi word beskuldig van geldwassery deur die gebruik van die maatskappy Ralebipi Properties CC. Die maatskappy is volgens die staat geskep as platform vir geldwassery om die oorsprong van wins uit misdaad te verbloem. Die twee het Maandag reeds in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.
Twee gewese amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap in hegtenis oor beweerde bedrog