# Twee mense is gisteraand dood en vyf ander, insluitend ʼn tweejarige kleuter, is beseer in ʼn skietery by Seattle in Amerika se gewilde Bite of Seattle-kosfees. Volgens die BBC sê ooggetuies hulle het harde knalle geweervuur gehoor voordat hulle gevlug en skuiling gesoek het. Sommige beskryf die toneel as “suiwer chaos”. Burgemeester Katie Wilson noem die skietery ʼn daad van gruwelike geweld. Een verdagte is in hegtenis geneem. Die skietery is een van minstens 271 massa-skietvoorvalle vanjaar in Amerika.
Twee dood en vyf beseer by gewilde kosfees in Seattle