Skip to content

Twee buitelanders vasgetrek met tik ter waarde van R250 000

# Twee buitelandse burgers is in Edenvale aan die Gautengse Oos-rand in hegtenis geneem toe die polisie beslag gelê het op tik met ‘n geraamde straatwaarde van 250-duisend-rand tydens klopjagte op vermeende dwelmhuise. Dit volg nadat die Ekurhuleni-metropolisie en die polisie se Direktoraat vir Voorkeur-ondersoeke inligting ingesamel het. Die metropolisie se hoofsuperintendent, Kelebogile Thepa, sê die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Landdroshof in Edenvale verskyn op aanklag van die besit van onwettige middels.