# Twaalf minderjariges van Ekurhuleni, Gauteng, is by onwettige inisiasieskole tussen Klipgat en Mabopane noord van Pretoria gered. Die polisie en plaaslike owerhede het gereageer op berigte van onwettige inisiasiepraktyke. Die kinders waarvan party slegs 13 jaar oud is, is uit haglike omstandighede gered. Die minderjariges se ouers het aan News24 gesê die kinders is ontvoer en met ʼn minibustaxi na die onwettige inisiasieskool in Mabopane geneem. Die polisie sê die voorval beklemtoon voortslepende kommer oor ongemagtigde inisiasieskole wat sonder behoorlike oorsig bedryf word.
Twaalf minderjariges gered by onwettige inisiasieskole in Gauteng