# Die Amerikaanse Senaat het bevestig die selep-dokter en voormalige TV-gasheer, Mehmet Oz, sal die Centres for Medicare and Medicaid Services bestuur, die agentskap wat toesig hou oor die gesondheidsorg van miljoene Amerikaners. Die 64-jarige Oz, wie se benadering tot gewigsverliesmiddels en wondermiddels onder die loep gekom het, was ‘n chirurg voor hy in die vroeë 2000’s op The Oprah Winfrey Show verskyn het. Trump het nadat hy vir Oz, wat nog nooit ‘n openbare amp beklee het nie gekies het, gesê daar is moontlik geen dokter wat beter gekwalifiseer is of in staat is om Amerika weer gesond te maak nie.
TV se Dr Oz bevestig as leier van Medicare en Medicaid